Die Jakkalskafee en ander Stories
Hierdie debuutbundel kortverhale se bekoorlikheid lê veral in die bemoeienis met die onheilspellende, die dood en verskillende soorte grenservarings. Benewens die helder en gestroopte vertelstyl is daar ook sprake van kundige voorbereiding met beeldende en simboliese onderbou en sterk atmosfeerskepping wat dikwels lei tot ‘n verrassende en onthullende slot.
Die skrywer leun sterk op die voortstuwing van die verhaalelement en openbaar ‘n groot variasie van style sy veelsydigheid op tematiese sowel as stillistiese vlak.

Wat sê die resensente?
"....vertellinge oor die dinge wat dikwels in die samelewing doodgeswyg word omdat niemand die pyn en banaliteit daarvan wil erken nie. (Jakkalskaffee) ....slaag juis omdat dit die onheilselement in die alledaagse so sekuur vasvang." Sarie
"...die sestien kortverhale hou jou aandag en is goed geskryf.....sy werk verdien om gelees te word." Rooi Rose
"...gestroopte funksionele vertelstyl." Beeld
"Penderis kan 'n spannende narratief opbou en ken die kuns van atmosfeerskepping..." Die Burger
'' 'n Sensitiewe insteliing jeens die uiteenlopende gebeure in 'n man se lewe.....Penderis se skryfstyl is verleidelik eenvoudig, byna kinderlik." Leserskring